‘n Bul met besonderse bouvorm. Goeie manlikheid, balans, skede, bene, testis, mooi vel en haar. Hy het ‘n baie mooi kop en sterk bek. Aan moederskant kom hy uit vrugbare koeie, sy ma se TKP is 360/8 en sy ouma 398/8. Die bul se seleksiewaardes is feitelik almal vêr bo rasgemiddeld. Hy is normaal t.o.v. Myostatin. ’n Bul wat regtig uitstaan en hy kan gerus as potensiële stoetkuddevaar oorweeg word.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook