Hierdie bul het ‘n baie mooi manlike kop, oogbanke met ‘n breë bek. Sy bouvorm is ideaal met ‘n dik breë agterkwart, vol in die binne en buite dye met gladde vel en haar en ‘n lang stert. Sy skede en skrotum is ook perfek. Aan moederskant kom hy uit vrugbare koeie. Sy ma se TKP is 350/4 en sy ouma 361/9. Sy moeder se reproduksieindeks is 119. Die bul se seleksiewaardes is almal vêr bo rasgemiddeld. Hy dra nie dubbelbespieringsgene nie en ons dink stoettelers kan na hierdie bul kyk.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook