Hiedie bul is een van die beste seuns van GJN16-6 op die veiling en is ‘n lus vir die oog. ʼn Donker mediumraambul met uitstaande kapasiteit, goeie lengte, skrotum, breedte en balans. Die bul het ‘n baie mooi manlike kop, oogbanke met ‘n breë bek. Aan moederskant kom hy uit vrugbare koeie. Sy ma se TKP is 371/3 en sy ouma 365/8. Die bul se seleksiewaardes is goed gebalanseerd. Hy dra nie dubbelbespieringsgene nie. Volgens ons is dit ‘n stoetbul wat ‘n verskil kan maak in enige kudde.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook