Lot 19 is een van ons AG bulle by vanjaar se G8 aanbod – Almal se Gunsteling! Die parings met sy vaderlyn, HART 16-266, wat ‘n groot impak op bespiering en bouvorm in ons kudde gehad het, met die moederlyn uit HMB 10-143 nageslag moederlyne, met uitsonderlike aanpasbaarheid, groei en melkpotensiaal, het keer op keer tot superieur nageslag gelei. Lot 19 is beslis nie ‘n uitsondering nie.
Hy spog met van die beste prestasiesyfers en teelwaardes, en het beslis die hoogste speen-maternale teelwaardes vir melkpotensiaal op vanjaar se veilingsaanbod. In kombinasie met sy hoë direkte speensyfers, is dit iets wat nie dikwels by ‘n bul se genotipe aangetref word nie.
Opsommend is hierdie bul beslis ‘n “soepel groeier”! Goeie balans tussen manlikheid, kapasiteit, diepte, groeipotensiaal, aanpasbaarheid en vleisproduksiepotensiaal – die alles-in-een-bul, wat superieure waarde tot ‘n kudde voeg!
Onder sy gladde, dieprooi vel is dit nie net die goeie bevlesing, vol bespiering en lang beenvorm, wat geassosieer word met langwerpig gevormde spiere, en ‘n indikasie is vir groei. Genotipies bring hy ook top melkproduksiepotensiaal saam vir sy vroulike nageslag.
Lot 19 word as ‘n top kwaliteit, “all-rounder”, boerderygemak, “wins-slinger” aanbeveel. Gebruik hom in ‘n vleisproduksiestelsel, en maak sy gene in jou boerdery baie! Ons het, en sal nooit weer terugkyk nie!
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook