Is ‘n dik, meduimraam, vroeër ryp bul wat op koeie gebruik moet word. Hy is goed bespierd, mooi lengte, baie breedte, sterk toplyn en diep deur die voorlyf. Hy dra baie vleis en is vol op die lendes, kruishelling en vertoon ook goeie binne- en buite dye. Sy aanpasbaarheid is uitstekend.
ERH22-158 is ‘n besondere bul. Bouvorm, bespiering, goeie groei, goeie melk, aangepas, gehard, geslagseg met uitstekende teelwaarde indekse is wat hy bied. Stoettelers kan hom gerus merk – hy wys baie goeie stoetpotensiaal.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook