’n Uiters gebalanseerde, lang en funksioneel doeltreffende bul met uitstekende diepte en rasegte Bonsmara-eienskappe. Is ‘n mediumraam bul met uitstekende bouvorm, goeie bespiering, goeie breedte, vol binne en buite dye, sterk toplyn met mooi kapasiteit en goeie lengte. Hy moet net op koeie gebruik word. Sy vleiseienskappe is baie goed.
Sy kruishelling, stertaanhegting en onderlyn is baie goed – perfekte skede/naelvel kombinasie. Hy is ‘n toonbeeld van aanpasbaarheid – baie mooi skof, blink van vel en haar, lang stert, sterk bene en baie goeie breedte oor die hakke met baie goeie kloue en los vel.
ERH23-69 is die perfekte keuse vir ’n teler wat op soek is na liggaamslengte, kapasiteit en aanpasbaarheid. ’n stylvolle bul wat funksionele doeltreffendheid kombineer met suiwer kommersiële winsgewendheid.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook