ERH23-171 is ‘n goed bespierde, mediumraam bul met uitstekende bouvorm. Daar is goeie breedte, goed gevulde binne en buite dye, baie kapasiteit en ‘n diep voorlyf. Hy wys ‘n sterk toplyn, goeie kruishelling, mooi stertaanhegting en sterk bene met goeie breedte oor die hakke. Struktureel is hy baie korrek. Sy vleiseienskappe is baie goed – hy dra baie vleis. Kyk gerus na sy Groeiwaarde (115), Karkaswaarde (126) en Produksiewaarde (109).
Sy sekondêre manlikheidseienskappe is baie goed ontwikkel met ‘n baie sterk en manlike kop, goed ontwikkelde en funksionele oogbanke, breed tussen die oë en ‘n goeie bulnek met mooi verdonkering. Sy onderlyn is skoon met ‘n goeie naelvel/skede kombinasie . Gebruik hom net op koeie.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook