HART 23-0301 is ‘n kurwe-knakker, mediumraam bul met goeie bouvorm en vleiseienskappe. Hy kan op verse en koeie gebruik word.
Hy is uitstekend aangepas vir die ekstensiewe toestande en sy “top of the range” Veldbulindeks (116) en teelwaarde indekse bevestig dit! Hy het uitsonderlike lengte met ‘n verhouding van 1:21 – dit beteken hy is 21% langer in lyf as sy skouerhoogte. Presies wat die boer soek.
HART 23-0301 is die “complete package” vir telers en boere wat streef na verhoogde wins en genetiese verbetering in hul kuddes.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook