HART 23-0298 is ‘n “Curve Bender”, goed bespierde, mediumraam bul wat suksesvol op verse en koeie gebruik kan word. Sy moeder is ‘n top SA Stamboek ELITE SILWER KOEI.
Hierdie bul se voorkoms en syfers praat dieselfde taal – TOP bouvorm en vleiseienskappe met winsdrywer teelwaarde indekse ver bo rasgemiddeld.
HART 23-0298 is ‘n sprekende voorbeeld van dekades se toegewyde teling en genetiese vordering in een bul! Hy wys goeie stoetpotensiaal.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook