Male SP | Birth Date: 18.11.18
Lot 16
GT 18-78
Hierdie is ook ‘n seun van die bul wat so konstant goed geteel het in die AG kudde (CEF 11-362). Lot 16 gaan ‘n uitstaande speenkalf bul wees wat baie groei het en wat ook baie melk na sy dogters gaan oordra. Ons sal nie hierdie bul aanbeveel om op verse te gebruik nie, maar op groot koeie sal hy 100% goed werk. Kyk regtig mooi na hierdie bul. Die bul het ‘n goeie toplyn en skede. Die bul het mooi breedte tussen die oë. Die bul het ook goeie balans. Die bul het ‘n goeie moeder en ook ‘n goeie ouma. Sy moeder se TKP is 367 dae oor 5 kalwers. Haar reproduksie indeks is 109. Sy ouma se ouderdom eerste kalf is 24 maande met ‘n TKP van 372 dae oor 10 kalwers. Hierdie is ‘n bul wat die oog sal trek.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook