Lot 14
NFS 18-368
Eerste indruk - baie goeie balans en manlikheid. Hy het ook baie goeie bespiering, ‘n sterk kop en bek, goeie skede, goeie skrotum en goeie bene. Die bul se kruis, stertwortel en stertaanhegting is mooi en let op na sy lang stert. Die bul het goeie syfers met ‘n fantastiese moeder. Sy is ‘n elite goud koei. Sy het haar eerste kalf gehad op 24 maande. Haar TKP is 378 dae, reproduksie indeks van 116. Sy is 14 jaar oud met 13 kalwers. Kyk gerus mooi na hierdie bul, hy behoort by elke boer ‘n goeie bydrae te lewer.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook