Lot 8, RPE21-48 is die breedste bul op die veiling en is die definisie van 'n vleisbees. Hy is 'n seun van PAD13-177, wat konstant goeie bouvorm geteel het, uit 'n hoogs produserende LAR05- 350 dogter, RPE17-20, sy is 'n pragtige vroulike koei wat baie breed is van agter. RPE21-48 het sterk bene, goeie kloue, netjiese onderlyn, goedgevormde testes, 'n Iang stert, breë sterk rug, besonderse sterk lende en uitsonderlike breedte oor die sit en draai bene. RPE21-48 dra besonders baie vleis met ’n "nat" bespiering wat ons van hou. Sy breedte en diepte sit om in gewig met 'n 205dae speen gewig van 310kg en speen direk syfer van +26.6. Ons glo ook hy gaan pragtige breë koeie teel met baie melk, sy speen maternale syfer van +4.9. Hier is ’n bul wat breedte en bouvorm in een generasie gaan by sit in ’n kudde en wat ons self op ons stoet koeie gebruik het. Ons behou ’n semen aandeel van die bul. Gebruik in kudde, behou ‘n semen aandeel.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook