Lot 22, RPE21 -120 is die eerste seun van RPE19-135 (verkoop aan Up George Bonsmaras en Baszhon Bonsmaras in 2022) wat ons aanbied en het baie van sy pa in hom. Hy is 'n robuste bul met uitstekende lengte van lyf, goeie bespiering,'n sterk kop, netjiese onderlyn, goeie balans tussen voor en agter en goeie kloue. Hy is uit 'n pragtige vroulike LAR05-350 dogter, RPE14- 109, sy is ’n toonbeeld van vrugbaarheid en vroulikheid, met die mooiste wigvorm en 'n fyn Iang nek. Soos prof Bonsma gesê het:"die vroulikste koeie teel die manlikste bulle" en RPE21-120 is 'n voorbeeld hiervan - so vroulik soos sy ma is, so manlik is hy, met 'n sterk breë bors, dik nek, pragtige verdonkering en bespiering. Ons verwag hy gaan lekker bespierde bulle teel en vroulike dogters nes sy ma.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook