Lot 14, RPE21-82 is 'n bud met besonderse diepte en kapasiteit, hy is dieper as 'n Jan Blohm love song en langer as ’n trein. RPE21-82 is 'n direkte seun van LAR09-281 en lyk ook baie na sy pa. Sy ma is 'n pragtige vroulike dogter van LAR05-350, met ’n TKP van 411 oor 5 kalwers. Sy het elke jaar een van die top kalwers in die kudde, met beide RPE21-82 en sy broer RPE20-65 wat ons in die kudde gebruik op stoet verse. RPE21-82 het die beste lengte:hoogte verhouding van al die bulle op die veiling van 1.32:1, werklik iets besonders! Hy het uitstekende syfers met geboorte direk van 90, Speen direk van 109, melk van 105, groei van 106, karkas waarde van 109, vrugbaarheid waarde van 104. Die bul dra baie vleis sonder om die DB geen te dra en ons verwag dat hy besonderse koeie en bulle sal teel en ’n groot impak in een generasie sal maak. Gebruik in kudde, behou ‘n semen aandeel.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook