Soos dit nou al tradisie geraak het hier by Essakov Bonsmaras begin ons die veiling met een van die sterre van die veiling. RPE21-23 is ’n goed bevleesde, nie-geendraend seun van LAR17- 263(LAR14-173 seun) uit een van ons beste moederlyne. Sy ma RPE17-081 is 'n besonderse mooi vroulike koei met 4 kalwers op die grond en ’n TKP van 358, sy ouma is RPE14-21 wat ook die ma is van lot 10 asook die ma van die stoet bul RPE19-125, verkoop aan Johan Goosen in 2022, haar ma, LDW10-160, is weer die ma van lot 4 wat een van die ander sterre van die veiling is. RPE21-23 het 'n sterk kop, breë bek, uitstekende gladde haar en 'n lekker los beweeglike vel, Iang stert, groot testes en breë borsvloer. Wat werklik van die bul uitstaan is sy diepte en kapasiteit - hy is dieper as 'n digbundel! Hier is 'n bul wat besonderse diep, hoë produserende koeie sal teel en wat hard bespierde, silindriese beeste in een generasie sal verbeter.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook