Besonderse bul met geweldige kapasiteit. Lengte, breedte, diepte, alles in een pakkie. Lapua kom uit 'n indrukwekkende stamboom uit. Sy Vaar Von-Adel Peru wat Nampa Alfa 2024 wenner was, en homself bewys het met sy nageslag. Sy Moeder Von-Adel Heino wat verskeie kampioene geteël het in die stoet en 'n Top embrio skenker is. Lapua is 'n stoetbul wat diep spore in die bedryf gaan trap.
☆2025 Kalf Kampioen, Groot Kampioen & Opperste Kampioen
☆2025 Interras Kalf Kampioen, Interras Opperste Kampioen & Parys Skou Gold Cup
☆2025 Nampo Alfa Interras
☆2026 Nampo Alfa Interras
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook