1. Vertel vir ons meer van jul veiling Deale Bovelders se 2023 veiling vind op 26 Julie om 11:00 plaas op die plaas Madeira in die Vrede-distrik.
2. Wat word aangebied?
100 Bovelder bulle (almal negatief getoets vir dubbelbespiering)
40 Koeie met kalwers
200 Dragtige koeie
LOT 8
‘n Korrekte bul met kapasiteit, breedte en diepte. Hy beskik oor ‘n sterk kop met baie goeie manlike eienskappe. Sy vaar was een van die beste bulle op die plaas en kom uit die 69 lyn.
LOT 10
Bul met uitstekende diepte en kapasiteit. Asook baie goeie verdonkering en ‘n sterk agterkwart. Die bul dra vleis!
LOT 12
Sy breedte, kop en goeie groei indeks maak hom een van die beste bulle op die veiling. Verder is hy ook geteel uit n baie vrugbare moeder.
LOT 18
‘n Tipiese 094 seun met goeie diepte, breedte, lengte en is ook mooi in balans. Hy het goeie bespiering, ‘n sterk kop en baie goeie pigment.
LOT 30
Een van die top groter raam bulle. Hy dra baie vleis en dit weerspieël in sy speenmassa (288kg) en groei indeks (121). Sy breedte van voor tot agter maak hom uniek.
3. Wat is jul teelbeleid, en waarom?
Ons strewe na ‘n funksioneel doeltreffende koei-kudde sonder erflike gebreke. Dit beteken onder andere goeie speenmassas uit vrugbare moeders wat elke jaar ‘n kalf speen. Die wat nie daaraan voldoen nie word uitgeskot. Bulle gaan deur ‘n streng seleksie proses en word dan op 2 jaar gebruik. Slegs die bestes wat al die keurings kon deurstaan word op 3 jaar op die veiling aangebied.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook