Poena (skurs) | Die Bul het ‘n baie manlike kop met ‘n breë, sterk bek en goed ontwikkelde oogbanke. Sy manlikheid word verder beklemtoon deur ‘n baie prominente nek en skof. JHL 20 028 het ‘n uitsonderlike oogspier oppervlak en hy dra baie vleis! Sy skrotum is perfek aangeheg en hang mooi simmetries met goed ontwikkelde testis. Sy mooi skoon onderlyn is bevorderlik is vir positiewe reproduksie eienskappe. Met besonderse genetiese saamgestelde waardes vir speenkalf-, groei- en karkaswaarde word hy verseker aanbeveel vir speenkalfproduksie. Sy nageslag behoort goed te presteer in voerkrale. ‘n Poena Bul om te gebruik op koeie vir die teel van gesogte speenkalwers.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook