BLEKA NUT is een van ons beste bulle wat ons in ons 2021 kalfseisoen aangekry het. Sy ma is een van ons kleinste koeie wat n bulteelmasjien is. Sy het alreeds voor NUT twee uitsonderlike bulle geteel. BE1547 kon in enige Stoet n verskil maak en BE1765 was een van ons beste 2017 bulle. Nut is in ons 2024 dekseisoen gebruik op ons verse. Nut se ma het 8 kalwers geteel en beskik oor n simdeks van 100 met n TKP van 409. Nut se pa is BLEKA DOUNUT wat uit onverwante Stompie lyne kom! Hy is n meduimraambul wat baie vleis dra met baie kapasiteit en beskik oor n sterk kop. n Stoetbul wat n positiewe verskil kan maak.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook