Hiermee word u hartlik uitgenooi na 'n Beesinligtingsdag by Paul van Niekerk, die 2025 Nasionale Beesboer van die Jaar. Paul is die vyfde geslag wat op die plaas Boshoek, Memel Distrik, boer. Dit is 'n familieboerdery met die naam Anhali Boerdery. Boshoek Bovelders is sinoniem met die strawwe suurveld area van die Oos-Vrystaat waar hulle totale boerdery geskoei is op Pressisie boerdery. Hier word daar geglo in die Bovelder-composite-filosofie naamlik; doelgerigte teling om op spesifieke doelwitte te fokus nl; vrugbaarheid, produktiwiteit, funksionaliteit, aanpasbaarheid en aanskoulikheid. Boshoek se driejaargemiddelde TKP is 374 dae, met 'n besettingsyfer van 97% en speensyfer van 94%. Die is moontlik agv onderandere 'n baie streng teelbeleid. Alle verse en koeie word individueel gepaar d.m.v. Kl en opvolg bulle om die beste met die beste te kan paar. Slegs verse en koeie wat in die eerste 90 dae kalf word terug gehou in die kudde. Die res word op hul produksieveiling verkoop. Tegnologie wat hier gebruik word sluit in: DNS-toetse op alle diere, kunsmatige inseminasie (KI), RFID oorplaaitjies en BKB se DSS-besluitondersteuningsdiens. Een van die doelwitte van die Nasionale Beesboer van die Jaar kompetisie is om bestuurspraktyke van suksesvolle beesboere prakties aan medeboere bekend te stel op 'n boeredag. U kry die geleentheid om eerstehands kennis op te doen by die Beesboer van die Jaar en ander kundiges wat fokus om produktiwiteit en winsgewendheid van beesboerdery te verhoog.
Unit 209, Mason's Press
7 Ravenscraig Road
Woodstock, 7925
South Africa


Share
Whatsapp
Email
X
Facebook