Met rooi bulkalf DD2591 uit vaar DD2135. Kapasiteit koei met MCR Super in haar bloedlyn. Kort gestasie lengte en lae geboortegewig. Uitstekende 400dae en 600dae grooi, met Skrotum omtrek in top 22% van rasgemiddeld EBV. Karkas eienskappe is deur die bank uitstekend met alles positief. Karkas swaarder in top 18%, EMA (oogspier) in top 2%, Rib Vet in top 25%, Romp Vet in top 20%, Handelverhouding in top 45%, IMF (marmering) in top 18% van rasgemiddeld EBV. Dit is seldsaam dat beide die oogspier en marmering albei positief is in een dier. Voerkraal/Vervangings Index = R375 (Rasgemiddeld = R339). Loop op Rooiwater, Galsiek en Tulpe Suurveld.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook