Hierdie is 'n diep, kompakte en korrekte bul met uitmuntende beenstruktuur-gebou vir volhoubare prestasie. Hy toon uitstekende groei en sy oogspier en karkasgewig plaas hom in die top 5% van die ras. Met 'n vervangings- en voerkraalindeks van R446 teenoor die rasgemiddeld van R339, bied hy uitsonderlike karkaseienskappe en winsgewendheid. Hierdie bul is reeds suksesvol in ons stoet gebruik en kom uit 'n beproefde moederlyn-'n dogter van die bekende Montaan. 'n Bul met bewese prestasie, genetiese krag en kommersiële waarde-gereed om 'n verskil in jou kudde te maak. Veldbul indeks 97.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook