Die eerste bul op vandag se veiling, is ook die eerste Concrete-seun wat op 'n Alliance-veiling aangebied word. Concrete is verkoop vir R220 000 aan Reino Basson van Namibië. Sugar Daddy se Elite-ma was 12 jaar oud toe sy aan hom geboorte gegee het. Haar gemiddelde TKP was 367 dae oor 11 kalwers. Die balans tussen Angus-karakter en uitstekende bouvorm maak van hierdie bul 'n waardige Lot 1.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook