Nog 'n TJ-dogter wat geweldige sprong van rib en breedte van agter vertoon. Net soos die by die vorige lot, is die Isabel-lyn een van ons oudste en beste koeilyne. Hierdie koeilyn maak al vir meer as 30 jaar 'n positiewe impak op ons kudde. Weereens 'n uitstekende melksyfer van +12, wat haar in die boonste 5% van die ras plaas.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook