Ons het besluit om 2 Leonard verse aan te bied vandag. Albei verse kom uit eerste kalf koeie. Leonard is die huidige Nasionale Junior Kampioen en ons hoof stoetbul tans. Leonard is 'n kleinseun van die bekende Honey-koei. Hierdie vers dra al sy goeie kenmerke: 'n uitstekende toplyn, breedte oor die rug en 'n baie goeie agterkwart. Kyk na haar fyn nek en vroulikheid.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook