Ons bied vanjaar weer embrio's aan op die veiling. Ons spoel jaarliks van ons beste koeie en voel dat ons die genetika kan deel met ander telers. RCM 11155 is ons beste Major Man-dogter en teel besonders. Ons het al 2 van haar seuns gebruik en haar 2019 verskalf is 'n top vers. Met Gazella in haar teling is sy 'n moet. Ons het 3 bulle gebruik met die spoeling naamlik Intripid, Declaration en PHD 1558. Daar is 5 embrio's beskikbaar.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook