Dit is vandag my voorreg om die veiling te begin met die heel laaste TJ-saad wat ooit verkoop sal word. TJ, 'n kampioenbul, wat ook 'n nasionale kampioenbul geteel het, het eintlik geen bekenstelling in die Angus-bedryf nodig nie. Die kwaliteit vroulike diere wat hy in die Loumotta-kudde, sowel as vele ander kuddes, nagelaat het, het reeds hulle merk gemaak. Iets wat ek persoonlik altyd van TJ sal onthou, is sy geweldige breedte van agter wat regdeur oor sy rug geloop het. TJ is een van dié beste bulle wat Loumotta ooit geteel het!
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook