10-20 is n groter ram bul met baie kapasiteit en goeie spier defensie en baie goeie lengte. Hy het n sterk manlike nek en goeie skof ontwikkeling. Hy is breed oor sy vorm en hierdie breedte wys regdeur die bul met sy breë skoon borsvloer, oor sy rug met goeie sterk lengte tot in dik agterkwart waar hy goed gevul is in die binne en buite dye. Hy is n "curve-bender" bul met onder rasgemiddelde teelwaardes vir geboorte gewig en volwasse koei gewigte,maar op of bo rasgemiddeld vir groei. Hy het ook baie goeie karkas teelwaardes wat in die top 3% van die ras is vir vet en oogspier.
Share
Whatsapp
Email
X
Facebook